Die Romein, die Jood en die onvoorspelbare nuwe genade van God! Kom dink saam oor die betekenis van die ou bekende verhaal van Petrus en Kornelius vir ons vandag.
- Teks: Handelinge 10:44-46
- Aanbieder: Leon Marais
- 9 Mei 2021
Teks:
Mense wat nie Jode is nie, ontvang die Heilige Gees
44Terwyl Petrus nog praat, het die Heilige Gees op almal gekom wat na die woord geluister het. 45-46Toe die Joodse gelowiges wat saam met Petrus gekom het, hoor hoe die mense ongewone tale of klanke gebruik en God prys, was hulle baie verbaas dat die Heilige Gees as gawe uitgestort is ook op mense wat nie Jode is nie. En Petrus sê: 47“Hierdie mense het net soos ons die Heilige Gees ontvang. Wat kan dan verhinder dat hulle nou met water gedoop word?”
48Toe het hy beveel dat hulle in die Naam van Jesus Christus gedoop moet word. Daarna het hulle hom gevra om ‘n paar dae by hulle te bly.