Kleuters en Kinders

Ons droom

Dit is ons droom om kinders tot volle dissipelskap in Jesus te begelei. In kindertaal omskryf: Om kinders te help en te leer om in Jesus se voetspore te volg. Dit is ons gebed dat kinders by Jesus sal tuiskom en in ’n lewende verhouding met Hom, die kerk en die wêreld sal groei.

Daarom is daar vir kleuters en kinders twee fantastiese bedieninge waarby hulle kan inskakel en hul eerste geloofstreë saam met ander Jesuskinders kan gee.


Lekker Leesstof


Kinderkerk

Ons maak gebruik van die Paidion kursus en deel daarvan is ons Kinderkerk geleentheid wat elke Sondag (behalwe kategese afnaweke en vakansies) in die saal plaasvind. Die kinders kom reeds om 9:45 bymekaar vir lekker saam speel en lag, waarna daar ‘n erediens spesiaal vir hulle gehou word. Ons wil graag al ons maats laat inskakel by hierdie wonderlike geleentheid en nooi hulle uit om sommer dadelik aan te sluit by hierdie groot lekker in ons kerk!

  • Kinderkerk Sondae: 10:00 – 11:00
  • Gesinskamer: Babas – 2 jariges
  • Kerksentrum: Peuterkerk (3-4 jaar), Kleuterkerk (5-6 jaar) en Great 7’s
  • Kerksaal: Gr1 – Gr6
Saam leer en groei ons.

Maats-in-Aksie (Kinderkrans)

Elke Donderdag gedurende skoolkwartale kom Bianca en haar span bymekaar om saam met kinders van so jonk as 4 jaar oud te leer wat dit beteken ‘n dissipel van Jesus te wees. Hierdie bediening is propvol energie en kreatiwiteit.

  • Donderdae: 17:00-18:00
  • Ouderdomme: 4-12j
Klein tot groot, hier is plek vir almal.

Projekte 2023

5 Februarie, 23 April, 17 September

Ons samel fondse vir ons projekte in deur, onder andere, swartsakke en wit sakke te verkoop.

  • Swartsakke: R40 vir 20
  • Veeldoelige witsakke: R45 vir 20

Sakke is te koop by die kerkkantoor en kinderkerk.
SAAM maak ons mos ‘n GROOT verskil!


Koördineerder

Bianca Nortje

Epos: biancanortje@yahoo.com

Kinderkerk en Maats-in-Aksie vind plaas onder die bekwame leiding van Bianca Nortje. Kontak haar gerus vir verdere inligting.

Bianca Nortje