Van doop tot belydenis van geloof, hier skep ons ruimte vir elke fase van ‘n jongmens se ontwikkeling as ‘n kind van God en ‘n dissipel van Jesus.
Doop
Ons wil graag ons baba doop. Dit is vir ons ‘n feestlike voorreg om te deel in hierdie mooi geleentheid. Neem asseblief net kennis van die volgende: – Ons reserveer gebruiklik die tweede Sondag van elke maand as doop-geleentheid. Aansoeke moet minstens drie weke voor die beplande datum ingevul word. – Gee asseblief vroegtydig kennis indien julle ‘n ander datum wil versoek. – Vul asb die onderstaande detail in vir die nodige administrasie. – Een van die leraars sal so…
Kleuters en Kinders
Ons droom Dit is ons droom om kinders tot volle dissipelskap in Jesus te begelei. In kindertaal omskryf: Om kinders te help en te leer om in Jesus se voetspore te volg. Dit is ons gebed dat kinders by Jesus sal tuiskom en in ’n lewende verhouding met Hom, die kerk en die wêreld sal groei. Daarom is daar vir kleuters en kinders twee fantastiese bedieninge waarby hulle kan inskakel en hul eerste geloofstreë saam met ander Jesuskinders kan gee.…
Tieners
Van Graad 8 af het jongmense die geleentheid om in te skakel by ‘n Dissk-groep en saam met hul vriende te groei as dissipels van Jesus. Wat is ‘n Dissk-Groep? Die doel van ‘n Dissk-Groep is om ‘n jongmens die geleentheid te gee om saam met ander vriende onder begeleiding van ‘n volwassene gesprekke te hê wat geloofsgroei bevorder. Na die afloop van Aandkerk kom almal in hulle Dissk-groepies bymekaar vir ‘n geloofsgroeigesprek. Sondae 18:00-19:00 Inskryfvorm