‘n Vreemde nuwe manier van leef in die eerste gemeente nooi ons om nuut te dink oor ons lewens vandag…
- Teks: Handelinge 4:32-35
- Aanbieder: Leon Marais
- Paassondag 11 April 2021
Teks:
Onderlinge mededeelsaamheid
32Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. 33Die apostels het kragdadig getuig dat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en die genade van God was groot oor hulle almal. 34Nie een van hulle het gebrek gely nie, want dié wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die verkoopprys daarvan gebring 35en vir die apostels gegee. Dié het dit dan uitgedeel volgens elkeen se behoefte.