Elkeen se lewenspad reis deur een of ander wildernis. Te dikwels word ‘n woestyntydperk as iets negatiefs beskou. Die antieke gelowiges het goed verstaan dat elke persoon wat ‘n diep verhouding met God begeer, deur tydperke van droogte, lyding en swaarkry moet gaan. Dit is nie net die deel van die normale gang van die lewe nie, maar die belangrike dieptegang wat op die elke volgeling van Jesus wag. In hierdie boodskap gesels Fourie Rossouw oor die belangrike stemme wat in die wildernistye wat ons help om God se stem te hoor.
- Teks: Markus 1:1-8
- Aanbieder: Fourie Rossouw
- Kerkjaar: Tweede Sondag van Advent
- 6 Desember 2020
Fokusteks
Markus 1:1-8
2In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak. 3Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed,maak die paaie vir Hom reguit.”
4Só het Johannes die Doper in die woestyn opgetree. Hy het verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. 5Die hele landstreek van Judea en al die inwoners van Jerusalem het na hom toe gestroom. Hulle het hulle sondes bely en is deur hom in die Jordaanrivier gedoop.
6Johannes het klere van kameelhaar gedra met ‘n leerband om sy heupe, en hy het van sprinkane en veldheuning gelewe.
7Hy het gepreek en gesê: “Die Een wat ná my kom, is my meerdere. Ek is nie eers werd om te buk en sy skoene los te maak nie.
8Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”