Dit is die begin van Advent, waartydens Christene met afwagting wag op die koms van kersfees en Christus se uiteindelike wederkoms. In hierdie eerste Adventsondagboodskap help Leon Marais ons met die uitdaging wat elke gelowige een of ander tyd in die gesig gaan staar: Hoe om geduldig te wag op die Here.
- Sondag 29 November 2020
- Teks: Markus 13:32-37
- Aanbieder: Leon Marais
Preekteks
Markus 13:32-27
Die profetiese rede: die dag en uur van die wederkoms
(Matt. 24:36-44; Luk. 21:34-36)
32“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. 33Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie. 34Dit is soos ‘n man wat ver weggegaan en sy huis onder beheer van sy slawe gelaat het. Hy het vir elkeen sy werk gegee en die deurwagter beveel om waaksaam te bly. 35Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die huiseienaar kom nie, in die aand of middernag of met hanekraai of die môre vroeg nie, 36sodat wanneer hy onverwags kom, hy julle nie aan die slaap kry nie. 37En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Bly waaksaam!”