Die risiko van Jesus se liefde
Die liefde van Christus is nie bang om groot risikos te neem ter wille van die Koninkryk van God nie. Die verhaal van Jesus en Saggeus getuig daarvan. Jesus kom in ‘n stad wat vir hom van belang sou wees en skares mense is daar om met hom ‘n ervaring te hê. Maar hy gaan met dringendheid na Saggeus om met hom ‘n ontmoeting te hê. Dit skep konflik tussen Jesus en die stad se mense, omdat Saggeus ‘n slegte reputasie in die gemeenskap gehad het. Maar Jesus is bereid om daardie risiko te neem. Dit is ‘n tydlose verhaal, omdat dit ons almal se storie is. Jesus neem ‘n risiko met elkeen van ons, sodat ons ook soos Saggeus ons hele lewe tot diens van Sy koninkryk sal stel.
- Lukas 19:1-9
- Fourie Rossouw
- Reformasiesondag