Malligheid

Prediker: Leon Marais
Tema: Jesus nooi ons na ‘n nuwe soort malligheid!

Luisterteks: Markus 3:20-35

A 20Daarna het Jesus huis toe gegaan. ‘n Menigte mense het weer saamgedrom, sodat daar selfs nie geleentheid was om ‘n stukkie te eet nie. 

B 21Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.”

C 22Die skrifgeleerdes wat van Jerusalem af gekom het, het gesê: “Hy is van Beëlsebul besete!” en “Dit is met die hulp van die aanvoerder van die bose geeste dat hy bose geeste uitdrywe.”
23Jesus het hulle nader geroep en hulle met voorbeelde geantwoord: “Hoe kan die Satan die Satan uitdrywe? 24As ‘n koninkryk onderling verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie; 25en as ‘n huisgesin onderling verdeeld is, sal daardie huisgesin nie kan bly staan nie. 26As die Satan teen homself in opstand kom en verdeeld is, kan hy nie bly staan nie, maar is dit sy einde.

Kern: 27“Bowendien kan niemand in ‘n sterk man se huis ingaan en sy goed vat as hy nie vooraf die sterk man vasbind nie. Eers dan sal hy sy huis kan beroof.

C 28“Dit verseker Ek julle: Alles sal die mense vergewe kan word, al die sondige lastertaal wat hulle praat. 29Wie egter teen die Heilige Gees laster, word tot in ewigheid nie vergewe nie maar bly ewig skuldig aan die sonde.” 30Dit het Hy gesê omdat hulle gesê het: “Hy is van ‘n onrein gees besete.”

B 31Sy moeder en sy broers het toe gekom. Hulle het buite bly staan en ‘n boodskap na Hom toe gestuur om Hom te roep. 32’n Menigte mense het rondom Hom gesit. Hulle sê toe vir Hom: “Kyk, u moeder en u broers en u susters daar buite soek U.” 33Maar Hy sê vir hulle: “Wie is my moeder en my broers?”

A 34Hy het die mense aangekyk wat in ‘n kring om Hom sit en gesê: “Hier is my moeder en my broers! 35Elkeen wat die wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder.”