Ons Sekerheid

Psalm 62 konfronteer ons met ons soeke na sekerheid en standvastigheid. Die psalmdigter wys ons 'n blik op die lesse wat hy moes leer en die ontdekkings wat hy moes maak om te kom by die belydenis dat God alleen vir hom die rus kan gee waarna hy hoop en verlang. 
  • Aanbieder: Fourie Rossouw
  • Teks: Psalm 62
  • Sondag 24 Januarie 2021

Luistertekste

Psalm 62

Net by God vind ek rus
1Vir die koorleier. ‘n Belydenis. ‘n Psalm van Dawid.
2Net by God vind ek rus,
van Hom kom my redding.
3Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.
4Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger
en my probeer doodmaak,
‘n man wat reeds is soos ‘n muur wat wil omval,
‘n klipmuur wat omgestoot word?
5Hulle probeer my uitwerk;
hulle skep behae in leuens;
met die mond seën hulle,
in die hart vervloek hulle.
Sela
6Net by God vind ek rus,
want op Hom vertrou ek.
7Net Hy is my rots en my redding,
my veilige vesting, sodat ek stewig staan.
8God is my redding en my krag.
Hy is my rots, my sterkte,
God is my toevlug.
9Vertrou altyd op Hom, my volk,
stort julle hart voor Hom uit!
God is vir ons ‘n toevlug.
Sela
10Mense is verganklik,
mense is niks:
op ‘n skaal wys hulle geen gewig nie,
saam is hulle minder as niks.
11Moenie op geweld vertrou nie;
roof sal jou niks in die sak bring nie.
As jou rykdom toeneem,
moenie dat dit jou te na aan die hart lê nie.
12Een ding het ek God hoor sê,
nee, twee:
dat net God mag het 13en ‘n mens net op U, Here, kan vertrou,
en dat U met elkeen handel volgens sy verdienste.

Markus 1:16-20

Jesus roep sy eerste dissipels
(Matt. 4:18-22; Luk. 5:1-11)
16Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. 17Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”
18Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg.
19Toe Hy ‘n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak, 20en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.