Naweeknuus 25-05-2025

Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ‘n oomblik.

Spreuke 12:19

Erediens & Aanlynboodskap 09:30

  • Ds. Leon Marais
  • Tema: “Grootprentjie mense”
  • Teks: Romeine 14

Geen Kinderkerk of Aandkerk

Hemelvaart
Donderdag 29 Mei
Erediens 19:00

  • Cora Viljoen van Kerkstraat.
  • Mari-Alena Potgieter (Michelle van Oekraïne se dogter).
  • Petro Grobler van Serenitas.
  • Christelma Pretorius se dogter, Janica van der Merwe.

    Ons dink aan & bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:
  • Letia van der Linde se ma is oorlede.
  • Reinette Gerber van De Beersweg is oorlede.

    Ons bid vir ons gemeente:
  • Ons bid saam vir die beroeping van ons nuwe leraar.

Daar is nog ‘n paar Sop & Sjerrie kaartjies beskikbaar. Dis ‘n heerlike saam kuier geleentheid.
Vir die jongspan sal daar vermaak in die kerk wees van 18:15-20:45.

Ons kerrie & rys is elke jaar baie gewild & verkoop vinnig uit. Maak seker dat jy betyds is!

Kom koop gerus jou groente & vrugte by ons basaar in plaas daarvan om op maand-einde die winkels te moet invaar.

Die basaar deure maak om 09:00 oop, maar warm koffie en tee en heerlike eetgoed sal al van 08:00 in die Teetuin beskikbaar wees.

As jy jou oë knip is ons heerlike hamburgers uitverkoop! Dis elke jaar ‘n groot treffer. En het ons genoem dat dit baie lekker is?

Daar sal die heeltyd boeries vars vanaf die rooster beskikbaar wees.