
Die hart van ‘n mens beplan sy pad, maar die Here bepaal sy voetstappe.
Spreuke 16:9
Wat gebeur hierdie week?
Erediens & Aanlynboodskap 09:30
- Ds. Leon Marais


Voorbidding
- Cora Viljoen van Kerkstraat.
- Elza Theron, ons sendeling in Noord-Afrika.
- Mari-Alena Potgieter (Michelle van Oekraïne se dogter).
- Christian Wium van Roelofsestraat.
Ons dink aan & bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het: - Louna Lamprecht van Maraisstraat se pa is oorlede.
Ons bid vir ons gemeente: - Ons bid saam vir die beroeping van ons nuwe leraar.

Ons poeding tafel het iets vir almal:
Bakkies nagereg, glasies met lae nagereg, wegneem malva poeding en roomys-cones met sjokoladesous.

Ons Tuin Tafel moet nog so bietjie groei. As jy plantjies wil afgee, bring dit asseblief so gou as moontlik kerkkantoor toe of kontak ons, dan kan ons dit kom afhaal ook.

Wat kan nou oor pannekoek gesê word? Dis lekker en sinoniem met ‘n kerk basaar. Ons baksters staan al agter die panne nog voor die son begin skyn!

Wat is nou lekkerder as vars roosterkoek met botter, konfyt & kaas?

Hierdie jaar het ons vir die eerste keer ‘n vleistafel. Wat beteken jy kan jou maandelikse maalvleis & wors op 31 Mei by ons basaar kom koop.

Elke kind se droom…ongeag jou ouderdom.
