Naweeknuus 01-06-2025

Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”

Handelinge 2:39

Erediens & Aanlynboodskap 09:30

  • Ds. Leon Marais
  • Tema: Vorentoe
  • Teks: Handelinge 2

Geen Kinderkerk of Aandkerk

Pinkster
10:00 en 19:00.
Kinderpinkster om 19:00.
Maandag 2 Junie tot
Donderdag 5 Junie.
Sondag 8 Junie 09:30

  • Cora Viljoen van Kerkstraat.
  • Mari-Alena Potgieter (Michelle van Oekraïne se dogter).
  • Christelma Pretorius se dogter, Janica van der Merwe.
  • Leon de Jager van Raleighstraat.

    Ons bid vir ons gemeente:
  • Ons bid saam vir die beroeping van ons nuwe leraar.

Die basaar is hier!

Die basaar deure maak Saterdag 31 Mei om 09:00 oop.
Die TeeTuin sal al 08:00 oop wees.

Hoe betaal ek by die basaar?
Hier by Strand-Noord het ons ons eie geldeenheid … St.Rands. Dit is die eenheid waarmee alles by al die tafels gekoop kan word. Om St.Rands te bekom is baie eenvoudig! Soek die kassier punte by die basaar en verwissel jou Suid Afrikaanse Rande vir St.Rands.

Die verwisseling kan met kontant, Snapscan of kaart betaling by die punte gedoen word. Die eerste kassier sal 08:00 in die TeeTuin wees.