Naweeknuus 15-03-2026

Die pleine in die stad sal vol seuns en dogters wees wat daar speel.

Sagaria 8:5

Sondag erediens & aanlynboodskap 09:30

  • Tema: Alleen
  • Teks: Matteus 26:36-46

09:30 – Kinderkerk
18:00 – Aandkerk
Donderdag 17:00 –
Maats-in-Aksie

  • Thys Taljaard van Herschellstraat.
  • Die Hopley-gesin van Du Buissonstraat.
  • Marinda Bishop van Wilberforcestraat.
  • Die Walters gesin van Die Melkbaai.
  • Die Du Toit gesin van De Beersweg.
  • Elsabe Payne van Joubertstraat is oorlede.
  • Die oorlog in die Midde-Ooste.

Winter Superhelde
Voor ons ons oë uitvee is die koue winter hier. Hierdie jaar wil ons graag vir diegene wat dit nie kan bekostig nie snoesige, warm klere bymekaarmaak en uitdeel voordat die koue toeslaan. Ons samel gebriede, gehekelde of gekoopte klere in, veral vir kinders. Items kan deurlopend by die kerkkantoor afgegee word.