Naweeknuus 13-04-2025

Kom, prys die Here!
‘n Pelgrimslied.
Kom, prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan!
Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here!
Mag die Here jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het.

Psalm 134

Sesde LydensondagDoop
Erediens & Aanlynboodskap 09:30

  • Ds. Leon Marais
  • Teks: Romeine 6:1-12
  • Tema: Vrye water
  • Cora Viljoen van Kerkstraat.
  • Johan Coetzer van Millsstraat.
  • Rika Schoeman van Kusweg.
  • Thys Botha van De Jonghstraat.
  • Mari-Alena Potgieter
  • Nicolene van Heerden van Wilberforcestraat.

    Ons dink aan & bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:
  • Dougie Holwill van Goudahof is oorlede.

    Ons bid vir ons gemeente:
  • Ons bid saam vir die beroeping van ons nuwe leraar.

Waarom soek ons paaseiers?
Want dit help ons onthou dat Jesus òns kom soek het sodat ons ‘n nuwe lewe kan kry.
Kom soek saam vir paaseiers in die kerk se tuin (14-17 April) en kyk hoeveel jy kan kry!(Vat asb net EEN per persoon en steek die ander weer weg sodat nog maatjies kan deelneem!)