Nasies kan raas en koninkryke wankel, maar as God sy stem laat hoor, smelt die aarde weg.
Psalm 46: 7
Wat gebeur hierdie week?
Danksondag
Erediens & Aanlynboodskap 08:15
- Ds. Fourie Rossouw
- Teks: 1 Johannes 5:1-5
- Tema: Die maklike gebooie.
Erediens & Aanlynboodskap 10:00
- Ds. Leon Marais
- Teks: 1 Johannes 5:1-5
- Tema: Wen
Kinderkerk: 10:00
Aandkerk: 18:00
Voorbidding
- Elize Groenewald van Wilberforcestraat.
- Hennie Nortje van Herschellstraat.
- Anna Esterhuizen van Seemeeu.
- Erna Smit van St. Tropez.
- Johan van Staden van St Tropez.
- Pieter Kruger van De Beersweg.
Ons dink aan & bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:
- Hugo du Preez van Bosmanstraat se pa is oorlede.
Ons bid vir ons land:
- Vir die opkomende nasionale verkiesing.
Sirkels (Sel / Bybelstudie groepe)
Is jy dalk nog opsoek na ‘n plekkie in ons gemeente? Ons Sirkels is ons poging om te deel in mekaar se lewens. Indien jy die behoefte het, ons ontmoet mekaar na afloop van hierdie Sondag se tweede diens by die koffie in die kerk se voorportaal. Sien jou daar!
Ons wil graag ‘n verskil maak deur snoesige, warm klere bymekaar te maak vir die wat dit nie kan bekostig nie. Ons fokus veral op kinders. Ons het alle hulp nodig vir insameling van gebreide, gehekelde of gekoopte warm wintersklere. Items kan by die kerkkantoor ingegee word tot en met Sondag 2 Junie.
24 & 25 Mei hou ons BASAAR!
….vir hope pret gedurende die winter skoolvakansie.
1-5 Julie gaan die jongklomp daagliks 08:00-13:00 op ‘n Reis om die wêreld by die kerk.
Daar is slegs 70 plekke vir vakansie pret vir gr.R-gr.6, so kry jou inskrywingsvorm by die kerkkantoor! Ons sien vreeslik uit na die avonture wat op ons wag!