Naweeknuus 12-05-2024

Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.

Psalm 1:3

Erediens & Aanlynboodskap 08:15

  • Ds. Leon Marais
  • Teks: Psalm 1
  • Tema: ‘n Boom is vir neste

Erediens & Aanlynboodskap 10:00

  • Ds. Fourie Rossouw
  • Teks: Psalm 1
  • Tema: ‘n Boom is vir neste
  • Elize Groenewald van Wilberforcestraat.
  • Cora Viljoen van Kerkstraat.
  • Anna Esterhuizen van Seemeeu.
  • Erna Smit van St. Tropez.
  • Johan van Staden van St Tropez.
  • Pieter Kruger van De Beersweg.

Ons dink aan & bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • Koos van der Merwe van Eden is oorlede.

Ons bid vir ons land:

  • Vir die opkomende nasionale verkiesing.
  • Vir die gesinne en nooddienste betrokke by die gebou wat in George ineengestort het.

Ons bid vir die wêreld:

  • Vir die Franse sending wat voorberei vir die baie besoekers aan Frankryk tydens Olimpiese spele later vanjaar.

13-16 Mei 10:00 en 19:00
Geniet koek en koffie na die oggenddienste en sop en brood na die aanddienste.

Ons wil graag ‘n verskil maak deur snoesige, warm klere bymekaar te maak vir die wat dit nie kan bekostig nie. Items kan by die kerkkantoor ingegee word tot en met Sondag 2 Junie.