Elkeen in die land wat om voorspoed bid, sal dit doen in die Naam van die God wat getrou is.
Jesaja 65:16
Wat gebeur hierdie week?
Erediens & Aanlynboodskap 08:15
- Ds. Fourie Rossouw
- Teks: 1 Johannes 4:7-21
- Tema: Uit die bron van liefde
Erediens & Aanlynboodskap 10:00
- Ds. Leon Marais
- Teks: Johannes 15:1-8
- Tema: Bly
Kinderkerk: Geen
Aandkerk: Geen
Voorbidding
- Elize Groenewald van Wilberforcestraat.
- Trudy de Villiers van Serenitas.
- Erna Smit van St. Tropez.
- Gene Louw van Diazstraat.
Ons dink aan & bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:
- Annie Smit van Serenitas is oorlede.
….vir hope pret gedurende die winter skoolvakansie.
1-5 Julie gaan die jongklomp daagliks 08:00-13:00 op ‘n Reis om die wêreld by die kerk.
Daar is slegs 70 plekke vir vakansie pret vir gr.R-gr.6, so kry jou inskrywingsvorm by die kerkkantoor! Ons sien vreeslik uit na die avonture wat op ons wag!
Ons wil graag ‘n verskil maak deur snoesige, warm klere bymekaar te maak vir die wat dit nie kan bekostig nie. Ons fokus veral op kinders. Ons het alle hulp nodig vir insameling van gebreide, gehekelde of gekoopte warm wintersklere. Items kan by die kerkkantoor ingegee word tot en met Sondag 2 Junie.
Maak reg vir ons BASAAR
24 en 25 Mei 2024!