Naweeknuus 03-09-2023

hande wat bid gebed

Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Romeine 12:12

Wat gebeur hierdie week?

Erediens & Aanlynboodskap 08:15

  • Teks: Romeine 12:9-18
  • Tema: Misterie Mense 3
  • Ds. Fourie Rossouw

Erediens & Aanlynboodskap 10:00

  • Teks: Romeine 12:9-18
  • Tema: Vorentoe
  • Ds. Leon Marais

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Janse de Jager van Mikrolaan.
  • Anton Swiegelaar van Greystraat.
  • Blackie Swart van Benadestraat.
  • Hänrich Swart van Benadestraat.

Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • Siegfried Schoonees van De Vosstraat se pa is oorlede.

Dinsdag 5 September

Strand-Noord Snoekbraai
Ons jaarlikse snoekbraai ten bate van ons gemeente se ondersteuning aan sendingprojekte in Mosambiek, kry hierdie jaar ‘n nuwe formaat! Ons nooi jou en jou geliefdes om Sondag 10 September na die afloop van die Gesinsdiens te kom aansit vir ‘n lekker Sondagmiddag Snoekbraai.
(Vir diegene wat nie hou van snoek nie, is daar ‘n opsie vir lekker Boereworsrolle.)