Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.
Romeine 12:11
Wat gebeur hierdie week?
Erediens & Aanlynboodskap 08:15
Erediens & Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
- Teks: Romeine 12:1-8
- Tema: Misterie Mense 2 (08:15), Volwasse (10:00)
- Ds. Leon Marais
Aandkerk 18:00
Voorbidding
Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
- Erna Smit van St Tropez.
- Janse de Jager van Mikrolaan.
- Marina Volschenk van Greystraat.
- Gerhard Swart van Hester Heeseslot.
- Christo Pienaar van Compagnesingel.
- Louis Fourie van Du Plessis straat.
- Hennie & Bianca Nortje van Herschellstraat.
Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:
- Priscilla du Toit van Milk Bay Court.
- Jean de Klerk van Sarel Cilliersstraat, die diens het Donderdag 24 Augustus vanuit ons gemeente plaasgevind.
- Gert Moelich van Serenitas is oorlede.
- Oud-lidmaat Joey Weilbach is oorlede.
Dinsdag 5 September
- Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
- Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
- Great 7’s in die sentrumsaal.
- Aandkerk vir gr.8-12 18:00.
Enige navrae:
Bianca 082 552 8364
Strand-Noord Snoekbraai
Ons jaarlikse snoekbraai ten bate van ons gemeente se ondersteuning aan sendingprojekte in Mosambiek, kry hierdie jaar ‘n nuwe formaat! Ons nooi jou en jou geliefdes om Sondag 10 September na die afloop van die Gesinsdiens te kom aansit vir ‘n lekker Sondagmiddag Snoekbraai.
(Vir diegene wat nie hou van snoek nie, is daar ‘n opsie vir lekker Boereworsrolle.)