Wat is dan nou lekkerder as snoek en patats?
Snoek en patats saam met goeie geselskap! Ons jaarlikse snoekbraai is elke slag ‘n groot treffer en hierdie jaar gaan dit ‘n nuwe formaat kry! In die verlede het ons die etes as wegneemetes verkoop, maar hierdie jaar wil ons die gemeente nooi om na die afloop van ‘n Sondagerediens te kom aansit vir ‘n lekker gemeente Snoekbraai-kuier.
Ons nooi jou en jou geliefdes om Sondag 1 September na die afloop van die Gesinsdiens te kom aansit vir ‘n lekker Sondagmiddag Snoekbraai. Jou kaartjie sluit in ‘n lekker stuk snoek vars van die rooster af en oondgebraaide patats. Al wat jy moet saambring is jou eie drinkgoed en ‘n slaai of brood vir die “Potluck” – bykostafel. Ete-kaartjies is aanlyn beskikbaar teen R80pp.
Vir die kinders wat nie hou van snoek nie, sal daar ‘n opsie vir lekker Boereworsrolle wees.
Datum: Sondag 1 September 2023
Tyd: 11:30vm-14:00nm
Prys: R80 per porsie
Wat sluit die ete alles in?
Spyskaart Gebraaide Snoek Soet Patats Verskeidenheid van brode, smere en slaaie.
-
SnoekbraaiR80,00
-
BoereworsrolR20,00
Vir meer besonderhede kontak die kerkkantoor by 0761473039.