- Teks: Lukas 3:15-17; 21-22
- Prediker: Fourie Rossouw
“Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
— Lukas 3:22
Baie mense het ‘n soortgelyke storie as dit kom by hulle doopname. Jy gebruik dit selde en skaam jou dood wanneer dit in die openbaar uitbasuin word. Sommige se doopname kom van ‘n gevestigde familietradisie, ander het dit gekry juis omdat daar met die tradisie gebreek wou word. Tog is daar iets besonders aan die Afrikaanse woord “doopnaam”. Dis die name wat ‘n dominee saam met jou ouers voor ‘n geloofsgemeenskap hardop gesê is tydens jou doop. Jou doopname het die potensiaal om jou te herinner aan ‘n diep en belangrike identiteit wat jy met Christus deel: Gelief deur God.
Luisterteks
Lukas 3:15-17; 21-22
15Die volk was vol verwagting, en almal het hulle begin afvra of Johannes nie miskien die Christus is nie. 16Daarop gee Johannes aan hulle almal die antwoord: “Ek doop julle met water, maar my meerdere kom, en ek is nie eers werd om sy skoene los te maak nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. 17Hy het sy skop in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Die koring sal Hy in sy skuur bymekaarbring, maar die kaf sal Hy met onblusbare vuur verbrand.”
Die doop van Jesus (Matt. 3:13-17; Mark. 1:9-11)
21Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan 22en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ‘n duif op Hom neergedaal. Daar was ook ‘n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”