In hierdie boodskap kyk Fourie dieper na Jesus se gelykenis van die suurdeeg en die mosterdsaadjie in Matteus 13. Hierdie metafore help ons om nie net die grootsheid van God se droom vir die wêreld te sien nie, maar ook God se betrokkenheid by die kleinste dinge van ons alledaagse lewens. Hierdie gelykenisse is veral toepaslik in die huidige #jobssaveslives veldtog waar die kollig val op die geweldige impak van Covid-19 maatreëls op die restaurantbedryf. Jesus gebruik metafore uit die markplein om die verbeelding oor God se koninkryk te prikkel.
Luisterteks
Die gelykenisse van die mosterdsaadjie en die suurdeeg(Mark. 4:30-32; Luk. 13:18-21)
31Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: “Die koninkryk van die hemel is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. 32Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls in sy takke kom nes maak.” 33Hy het hulle nog ‘n gelykenis vertel: “Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ‘n vrou gevat en in ‘n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.”
Natasha se Maklike Broodresep
Bestandele
- 1kg Bruismeel
- 1lt Karringmelk
- 2 tlp sout. Meng.
Metode
- Voorverhit oond tot by 180°C
- Meng al die bestandele deeglik deur en verdeel tussen twee broodpannetjies.
- Bak vir +-35 min of tot goed gaar.
- Laat afkoel en eet met goeie botter en lekker kaas.
- Vir variasie voeg by:
- 1 k Gerasperde Kaas of
- 1 blikkie Heelpit Mielies gedreineer of
- 1 pakkie uie sop poeier of
- Gemengde kruie van keuse.