R.U.S.

  • Teks Matteus 12:1-8
  • Prediker: Leon Marais

Lees

Matteus 12:1-8

Jesus is die Here oor die sabbat (Mark. 2:23-28; Luk. 6:1-5)

1In dié tyd het Jesus op ‘n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en van die koring geëet. 2Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk daar! U dissipels doen iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie.”3Maar Hy sê vir hulle: “Het julle nie gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger geword het nie? 4Hy het in die huis van God ingegaan en van die offerbrood geëet, wat hy en sy manne nie mag gedoen het nie, maar net die priesters. 5Of het julle nie in die wet van Moses gelees dat die priesters op die sabbatdag in die tempel diens moet doen nie? Hulle oortree dus die sabbatsgebod, en tog is hulle nie skuldig nie.6“Ek sê vir julle: Hier is Een wat groter is as die tempel. 7As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie. 8Die Seun van die mens is immers Here oor die sabbat.”

Previous
Deure