
deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut.
Klaagliedere 3:22 en 23
Wat gebeur hierdie week?
Erediens & Aanlynboodskap 09:30
- Ds. Ockie Raubenheimer
- Tema: Wat is jou storie?
- Teks: Psalm 139
Voorbidding
- Cora Viljoen van Kerkstraat.
- Mari-Alena Potgieter (Michelle van Oekraïne se dogter).
- Christelma Pretorius se dogter, Janica van der Merwe.
- Jerry Myburgh van Altena.
Ons bid vir die wêreld: - Vir die mense vasgevang in die konflik tussen Israel en Iran.

Kankerondersteuningsgroep
Dinsdag 1 Julie
18:00


As jy graag ‘n gasvrou wil wees by hierdie spesiale Vrouedag viering, kontak asseblief die kerkkantoor.
