
Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.”
Eksodus 14:14
Wat gebeur hierdie week?
Erediens & Aanlynboodskap 09:30
Doop
- Ds. Kobus Viljoen
- Tema: Moenie worrie nie, watch net
- Teks: Eksodus 14:10-14
Voorbidding
- Cora Viljoen van Kerkstraat.
- Mari-Alena Potgieter (Michelle van Oekraïne se dogter).
- Christelma Pretorius se dogter, Janica van der Merwe.
- Jerry Myburgh van Altena.
Ons dink aan en bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het: - Johan Coetzer van Millstraat is oorlede.
Ons bid vir die wêreld: - Vir die mense vasgevang in die konflik tussen Israel en Iran.

As jy graag ‘n gasvrou wil wees by hierdie spesiale Vrouedag viering, kontak asseblief die kerkkantoor.
