
Die soldate het ‘n doringkroon gevleg en dit op sy kop gesit.
Johannes 19:2
Wat gebeur hierdie week?
Sondag erediens & aanlynboodskap 09:30
- Teks: Matteus 4:1-11
- Tema: Versoek
Geen Kinderkerk of Aandkerk
Voorbidding
- Bianca Nortjé van Herschellstraat.
- Thys Taljaard van Herschellstraat.
- Die Hopley-gesin van Du Buissonstraat.
- Jeannie Pretorius van Joubertstraat is oorlede.

18:00 vir 18:30 in die Kuiersaal
God maak reg wat krom is
Wat doen jy wanneer God nie genees soos jy verwag het nie?
Wanneer jou gebede anders beantwoord word as wat jy gehoop het?
Kom luister na ’n rou, eerlike en kragtige getuienis van Elvira Kohn wat met ernstige skoliose gediagnoseer was, ’n eksperimentele operasie oorleef het — en ontdek het dat haar operasie eintlik haar wonderwerk was waarmee God haar lewe en loopbaan werwel vir werwel herbou en reguit gemaak het, en haar gelei na ’n indrukwekkende loopbaan in die Afrikaanse musiekbedryf.
As sangeres en later verhoogbestuurder van die grootste Afrikaanse buitelugvertonings in Suid-Afrika, het sy ook bekende kunstenaars soos Juanita du Plessis bestuur en met talle bekende nasionale en internasionale kunstenaars oor die jare gewerk.
Van ’n krom ruggraat…na ’n reguit roeping
Van littekens…na ’n lewende getuienis.
Kom luister hoe God steeds kan reguit maak wat krom is in elke gebroke area van ’n mens se lewe – of dit nou emosioneel, finansieel, geestelik of fisies is….
God kan ‘n seisoen van pyn verander in ’n storie van oorwinning.
Jy sal nie net geïnspireer wees nie — jy sal hoop kan huis toe vat.

Alle vroue word genooi na die byeenkoms in ons Kuiersaal.
Ons kuier ook na die tyd lekker saam.
