Naweeknuus 11-05-2025

As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.

Spreuke 31:26

Doop
Erediens & Aanlynboodskap 09:30

  • Ds. Leon Marais
  • Cora Viljoen van Kerkstraat.
  • Christian Wium van Roelofsestraat.
  • Elza Theron, ons sendeling in Noord-Afrika.
  • Mari-Alena Potgieter (Michelle van Oekraïne se dogter).

    Ons dink aan & bid vir families wie iemand aan die dood afgestaan het:
  • Hennie Griesel van Serenitas se broer is oorlede.

    Ons bid vir ons gemeente:
  • Ons bid saam vir die beroeping van ons nuwe leraar.

Daar sal Sondag voor in die kerk & by die Kinderkerk bokse wees vir enige bestandele wat afgegee kan word. Die lys benodighede kan op die Basaar blad of aankondiginge gevind word.

Die Aandkerk benodig items van enige aard vir hulle Tombola Tafel. Dit beloof om ‘n prettige tafel te wees!

Ons Langtafel gaan hierdie jaar weer kreun onder al die gebak. Enige gebak is welkom! Alle kleinkoekies & beskuit kan asseblief 23 Mei by die kerkkantoor afgegee word.

“One man’s trash is another man’s treasure.” Enige bruikbare items wat jou kaste volmaak kan by die kerkkantoor afgegee word.

Die Chic-Boutique benodig nog klere items, handsakke, krale, oorbelle en serpe.

Die Braai Ete kaartjies is nou aanlyn & by die kerkkantoor beskikbaar. (R75pp)
Tjop, wors, hoender sosatie en roosterkoek met kaas en konfyt. Daar is slegs 200 etes beskikbaar.