
Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af.
Psalm 16:5
Wat gebeur hierdie week?
Eredienste 08:15 & 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
Aandkerk 18:00
- Teks: Psalm 16 & Johannes 20:26-31
- Tema: Lewensonderrig 2.0
- Ds. Fourie Rossouw
Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
- Erna Smit van St Tropez.
- Enrik Basson van Greenways.
- Maureen Oliver van Drommedarisstraat se broer, Francois Moller.
- Helma van Wyk van Altena.
- André de Bruyn van Wadestraat.
- Henk Punt van Maraisstraat.
- Anina Fourie van Du Plessisstraat.

- Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
- Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
- Great 7’s in die sentrumsaal.
- Aandkerk vir gr.8-12 18:00.
Enige navrae: Bianca 082 552 8364

Ons samel fondse in deur swartsakke en wit sakke te verkoop. Die swartsakke kos R40 vir 20 en die veeldoelige wit sakke R45 vir 20. Sakke is te koop by die kerkkantoor en kinderkerk. Inbetalings ter ondersteuning kan na die kerk se rekening, met die verwysing KIX2022, gemaak word.

Vir ons regte-egte tradisionele basaar op Saterdag 20 Mei vanaf 09:00, het ons onder andere asseblief leë roomys bakke en items vir ons wit olifant tafel & Chic-Boutique nodig…net betyds vir kaste uit & regpak met die winter wat nader wink.
