Naweeknuus 05-11-2023

Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.

Jesaja 40:11

Wat gebeur hierdie week?

Eredienste & Aanlynboodskappe 08:15 & 10:00

  • Teks: Psalm 107
  • Tema: Hou jou mond
  • Ds. Fourie Rossouw

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Janse de Jager van Mikrolaan.
  • Ryka Louw van Lochnerstraat se seun.

Ons bid vir die wêreld:

  • Ons bid vir die oorlog tussen Israel en Hamas.
  • Biddag vir die Vervolgde Kerk: Kinders van regoor die wêreld word weens hul Christenskap van hul basiese regte ontneem.

Met nagmaal 19 November

Dinsdag 7 November 18:00 in die Kerk

Kuiertee Afsluiting
9 November

Kersete om 11:00.
Ons nooi man en muis uit om kaartjies te koop by die kerkkantoor teen R30 pp. RSVP voor of op 6 November, maar wees flink want teen dié prys gaan die 50 kaartjies vlieg.

TEKEN DIE DATUM AAN!
5 April 2024