Naweeknuus 29-10-2023

Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”

Josua 1:9

Wat gebeur hierdie week?

Erediens & Aanlynboodskap 08:15

  • Teks: Levitikus 19:1-12
  • Tema: Heilig met die bure
  • Ds. Fourie Rossouw

Erediens & Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk 10:00
Aandkerk 18:00

  • Teks: Matteus 22:34-46
  • Tema: Die anti-godsdiens
  • Ds. Leon Marais

Voorbidding

Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:

  • Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
  • Erna Smit van St Tropez.
  • Janse de Jager van Mikrolaan.
  • Anton Swiegelaar van Greystraat.
  • Abel du Toit van Olivierstraat.

Ons dink aan & bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het:

  • André de Bruyn van Wadestraat se broer is oorlede.

Ons bid vir die wêreld:

  • Ons bid vir die oorlog tussen Israel en Hamas.
  • Michelle Potgieter van Oekraïne.
  • Peuterkerk (3-4 jaar) & Kleuterkerk (5-6 jaar) in die sentrum.
  • Gr1-6 Grootgroep in die groot saal.
  • Great 7’s in die Sentrum.
  • Aandkerk vir gr.8-12 18:00.

Enige navrae:
Bianca 082 552 8364

Kuiertee Afsluiting
9 November

Kersete om 11:00.
Ons nooi man en muis uit om kaartjies te koop by die kerkkantoor teen R30 pp. RSVP voor of op 6 November, maar wees flink want teen dié prys gaan die 50 kaartjies vlieg.

hande wat bid gebed

Sirkels en Selgroepe

Ons het geloofsvriende nodig om te kan groei as volgelinge van Jesus. By Strand-Noord noem ons sulke vriendskapsruimtes: “Sirkels”. In die komende weke wil ons mense opnuut uitnooi om hulself en hul sirkel “aan te meld” by die gemeente. Of jy reeds aan ‘n sirkel behoort en of jy graag by een wil inskakel, besoek ons sirkelsblad en vul die inligtingsvorm in.