Hanlie se “Geen Knie Brood”

Hanlie se “Geen Knie Brood”

‘n “Geen Knie Brood” is maklik om onder die knie te kry!

Hanlie Longland het hierdie “Geen Knie Broodresep” aangestuur. Dis ‘n lekker maklike brood om te maak en veral handig by die kampeerplek of in die middel van baie besige week. Jy meng die bestandele saam en laat die gistingsproses die “kniewerk” vir jou doen.

Bestanddele

  • 7 Koppies witbroodmeel
  • 4 koppies louwater
  • 2tl sout
  • 1 pakkie droë gis

Metode

  • Voorverhit die oond na 180°C.
  • Meng al die bestandele saam en laat staan om te rys.
  • Verdeel die beslag in twee en plaas in gesmeerde broodpannetjies of bak die hele beslag in ‘n swart platboompot.
  • Bak die twee broodjies vir 30min en een groot brood vir 45min.
geen knie brood resep
Hanlie se Geen Knie Brood.