Natasha se Maklike Broodresep

Natasha se Maklike Broodresep

Hierdie maklike broodresep het Natasha de Waal by haar ma gekry. Dis ‘n lekker en maklike meng-en-bak broodresep wat twee heerlike broodjies oplewer. Vir variasie kan jy heelpit mielies, kaas of gemengde kruie byvoeg. Dis ‘n wenner vir ‘n vinnige braai saam met goeie vriende wat soms vergeet om te vra of hulle kan opdaag vir ‘n kuier…

Bestandele

  • 1kg Bruismeel
  • 1lt Karringmelk
  • 2 tlp sout. Meng.

Metode

  • Voorverhit oond tot by 180°C
  • Meng al die bestandele deeglik deur en verdeel tussen twee broodpannetjies.
  • Bak vir +-35 min of tot goed gaar.
  • Laat afkoel en eet met goeie botter en lekker kaas.
  • Vir variasie voeg by:
  • 1 k Gerasperde Kaas of
  • 1 blikkie Heelpit Mielies gedreineer of
  • 1 pakkie uie sop poeier of
  • Gemengde kruie van keuse.
maklike broodresep