Kom kuier en groei saam in grendeltyd!
Die Bybelkuiers is vir mense wat ‘n behoefte het om in grendeltyd saam met ander gelowiges by die kerkruimte bymekaar te kom en opnuut weer ‘n liefde en kennis vir die Bybel te ontwikkel.
Wanneer gebeur die Bybelkuiers?
Daar gaan twee byeenkomste per week wees. Een in die oggend en een in die aand.
- Dinsdagoggend: 11:00
- Donderdagaand: 18:30
Wat behels dit?
Die formaat van die Bybelkuiers behels die saamkyk en saamgesels van ‘n video-reeks van BibleProject.
Hoe maak ek om dit by te woon?
Die getalle vir elke byeenkoms is beperk tot 50 mense. Dit belangrik om vooraf te laat weet dat jy kom. Stuur dus vir Ronelle ‘n boodskap per epos by info@ngkstrandnoord.co.za of WhatsApp: 0761473039.
Wat is die “BibleProject”?
BibleProject is ‘n nie-winsgewende animasie ateljee wat kort, ten volle geanimeerde video’s vervaardig om die Bybelverhaal toeganklik te maak vir almal, oral. Hulle vervaardig video’s, potgooie en ander hulpbronne wat almal gratis beskikbaar is om mense te help om die Bybelverhaal op ’n nuwe manier te ervaar.
Hulle is verbind daartoe om die inhoud in baie tale te lokaliseer om die video’s makliker toeganklik te maak vir alle mense.