- Luisterteks: Genesis 32:22-31
- Prediker: Leon Marais
Luisterteks
Genesis 32:22-31
22Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif gegaan. 23Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan. 24Jakob het alleen daar agtergebly, en ‘n man het tot dagbreek met hom gestoei. 25Toe die man agterkom dat hy nie vir Jakob kan wen nie, het die man, terwyl hy met hom stoei, vir Jakob teen die heup geslaan sodat dit uit die potjie gespring het. 26Die man het vir Jakob gesê: “Los my, want die dag breek.”Jakob het geantwoord: “Ek sal jou net los as jy my seën.”27Toe vra die man: “Wat is jou naam?” en hy antwoord: “Jakob.”28Die man het gesê: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel, want jy het teen God en teen mense ‘n stryd gevoer en jy het dit end-uit volgehou.”29Toe sê Jakob: “Sê my tog jou naam,” en die man vra: “Waarom vra jy my naam?”Hy het vir Jakob net daar geseën, 30en Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien en tog het ek nie omgekom nie.”31Net toe Jakob by Pniël verbygaan, het die son opgekom. Jakob het mank gebly aan sy heup, 32en daarom eet die Israeliete tot nou toe nie die senuweebondel wat aan die heup vaskom nie, want die man het vir Jakob teen sy heup geslaan, op die heupsenuwee.