Naweeknuus 24-05-2026

En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar.

Kolossense 3:15

  • Denise de Goede van De Ruyterstraat.
  • Almero en Andrietta Greybe van Maritana.
  • Marinda Bishop van Wilberforcestraat.
  • Hannes van Zyl van Joubertstraat.
  • Adré van Aarde van Seemeeu.
  • André du Preez van Metropole Plaza is oorlede.

‘n Week voor die basaar is ons almal baie opgewonde om as gemeente saam te kuier. Kliek asseblief op die “aankondiginge” blokkie hier bo om alles rondom die tye,
St. Rands en die laaste reëlings te lees. En dan bid ons vir ‘n geseënde basaar!