Kom beleef Strand-Noord se Goeie Vrydag Nagmaalsdiens!
Goeie Vrydag is die heiligste dag van die 40 dae Lydenstydreis en vir baie Christene, saam met Paassondag, die belangrikste dag van die kerkjaar. Dit is wanneer Christene wêreldwyd die kruisiging van Jesus Christus herdenk. Tradisioneel gaan dit gepaard met ‘n gewyde liturgie met die nagmaal as ‘n sentrale moment daarvan. Ons nooi jou uit om hierdie besonderse liturgie te beleef.
Eredienstye: 8:15 en 10:00