Berge Toe

Aandkerk Senior Jeug Staptoer 2022

Saterdag 24 – Sondag 25 September 2022

Die laaste naweek van September gaan ons berge toe met Aandkerk se senior jeug. Tussen Greyton en McGregor is daar ‘n 12.5km staproete wat jou asem gaan wegslaan. Letterlik! Want dis ‘n tawwe dag se stap en die volgende dag moet jy dit weer terugstap. Maar dit gaan die moeite werd wees. Ons gaan ‘n great tyd hê saam met goeie vriende, swem in bergpoele, braai onder die sterre en op ‘n pragtige plaas oorslaap.

Wat is die reëlings?

  • Kostes: R250 – dit sluit in vervoer, verblyf, aandete en ontbyt.
  • Vertrek: Saterdagoggend 5:45vm vanaf die kerk.
  • 7:00vm – Ons parkeer die voertuie in Greyton en begin stap.
  • Ons mik om binne 6 ure klaar gestap te wees vir die dag.
  • Ons kuier en slaap die aand op ‘n plaas in McGregor.
  • Die volgende oggend na ontbyt stap ons dieselfde pad terug tot by die voertuie in Greyton.
  • Tieners wat slegs dag 1 se stap wil doen se ouers kan hulle in McGregor by die plaas optel 7:30vm.
  • Daar is plek vir 25 tieners.

Wat pak ek in?

Vir die stap:

  • Stapskoene of gemaklike tekkies
  • Twee waterbottels.
  • Padkos: Soos trailmix, energiestafies, droëvrugte, piesang, beskuitjies.
  • Space blanket
  • Ekstra paar sokkies.
  • Ligte reënjassie.
  • Hoed.
  • Buff
  • Sonskerm.

Vir jou oornagsak

  • Slaapsak, kussing.
  • Skoon klere en dag 2 se stapklere. (Dit word afgelaai by die verblyf waar ons oorslaap.)
  • Ekstra pakkie padkos vir dag 2 se terugstap.
  • Swemhanddoek, tandeborsel, seep.

Meer oor die Boesmanskloof Staproete

  • Tyd: +/- 5 HOURS
  • Afstand: 12.5 KM
  • Hoogste punt: 680 M
  • Laagste punt: 240 M
  • Gradering: Uitdagend
Boesmanskloof

Die stap is vol bespreek.

Betaling

R250 per persoon.


Bankbesonderhede

  • NGK Strand-Noord
  • ABSA – STRAND
  • 420580037
  • TAKKODE: 632005
  • Verwysing: Seniorjeug Stap

Snapscan

Klik en betaal. Verwysing: Seniorjeug Stap

Epos bewys van betaling na admin@ngkstrandnoord.co.za

Vir enige verdere navrae, kontak vir Ds Fourie Rossouw by fourie@ngkstrandnoord.co.za.