Saam met Riaan en Saretha Terblanche bring ons Christus na Mosambiek!
Riaan en Saretha Terblanche
Riaan is besig met opleiding vir Veritas Kollege. Hy organiseer opleidingsgeleenthede en is betrokke by al die gemeentes van die Igreja Reformada em Mocambique (Gereformeerde Kerk in Mosambiek). Saam met Saretha het hulle ‘n koffiewinkel in Tete gevestig vanwaar hulle die Evangelie uitdra aan die inwoners van Tete en omgewing. Hulle produseer en bemark hulle eie koffieprodukte. Hulle voel ook geroepe om onder die Moslems te werk.
Verjaarsdae: Riaan 12 November en Saretha 9 Desember


