Sondag 19 Februarie 2023
- 2 Petrus 1:17-21
- Fourie Rossouw
- Nagmaalsondag en Belydenis van Geloof
In donker tye reageer mense op verskillende maniere. Soms gryp ons na goedkoop raad en vals hoop om vir ‘n oomblik lig aan die van die tonnel te sien. Maar dan is ons teleurgesteld dat daardie flikkering van lig nie lei tot die einde van ons pyn en seer nie. Dit kan ons bitter en depressief maak in die aangesig van ‘n donkerte wat oënskynlik nie wil weg nie. Petrus se woorde aan ‘n groepie gelowiges kan ons hiermee help. Hy herinner hulle dat die boodskap oor Christus se “ontsagwekkende krag”, nie uitgedink deur vindingryke storievertellers nie, maar deur ooggetuies wat daar was toe God aan Jesus Sy identiteit openbaar het (Verheerliking op die Berg, Matteus 17).
En dan skryf Petrus die volgende woorde: “fokus daarop, soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek, en die môrester opgaan in julle harte.”
Waarop moet ons fokus?
Op die profetiese Woord wat bevestig dat Jesus, God se geliefde is en dat Sy krag ontsagwekkend is. Hy is die Môrester wie Sy lig die donker verdryf.
Op Hom moet ons fokus wees, in donker en in lig.