
Dien die Here met blydskap
Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde.
Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.
Psalm 100:1-5
Wat gebeur hierdie week?
Erediens 10:00
Aanlynboodskap 10:00
Kinderkerk: Geen
Aandkerk: Geen
- Teks: Soos in die hemel, so ook op die aarde.
- Tema: Romeine 5
- Ds. Fourie Rossouw
Voorbidding
Ons tree saam in gebed vir die volgende lidmate en hulle families:
- Zhara du Toit en haar hele gesin van De Beersweg.
- Erna Smit van St Tropez.
- Enrik Basson van Greenways.
- Jean de Klerk van Sarel Cilliersstraat.
- Chemie Prinsloo van Eidelweiss straat.
Ons dink aan en bid vir families wat iemand aan die dood afgestaan het :
- Hester Louw van Diazstraat se broer is oorlede.
- Grobbie (William) Grobbelaar van Lochnerstraat is oorlede.
Ons bid vir die wêreld:
- Spesiale uitreik tydens die “Tour de France”.

BAIE DANKIE aan elke bydrae vir die Hekel & Brei Projek!!! Ons het sakke vol ontvang om uit te deel sodat ons bietjie warmte aan ander se lewens kan bring!

Daar sal vir die volgende 5 Sondae slegs een diens, om 10:00, wees.

Ons Moederskamer gaan oor die volgende paar weke ‘n nuwe baadjie aantrek. Tot die projek klaar is nooi ons mammas, pappas en onder 3’s om die diens in die Kuiersaal by te woon.

‘n Pappa is iemand wat jou vang voor jy val, hy stof jou af ás jy val en laat jou weer probeer.
