Wat is Groot Lydensweek?
Die week voor Paasnaweek staan bekend as Groot Lydensweek. Sommige Christene noem dit ook Heilige Week. Gedurende hierdie week dink en doen ons elke dag op ‘n spesiale maniere aan Jesus se Kruisiging en Opstanding.
Paasnaweek is die kerk se hoogtepunt!
Baie kinders word groot met die gedagte dat Kersfees die lekkerste en belangrikste naweek in die kerkjaar is. Tog is Paasnaweek dit spilpunt waarom alles draai. Daarsonder sou geen ander feesdag, Sondag of enige ander dag in die jaar van waarde gewees het nie.
Waaroor gaan Paasnaweek eintlik?
- Al steek ons Paaseiers weg, gaan dit beslis nie oor die Paashaas nie.
- Al eet ons ons trommel dik aan “Hot Cross Buns” gaan dit ook nie daaroor nie.
- Al hou ons gewoonlik hierdie tyd van jaar lekker vakansie, is dit ook nie die doel daarvan nie.
- Paasfees gaan oor die viering van God se groot heelmaakwerk wat Hy deur Jesus se kruisdood en opstanding gedoen het.
Doenboekie vir Paasfees-Doendinge
Om jou as ouer te help in die week wat kom gaan ons elke dag ‘n paar doendinge op die webblad laai sodat jy en jou kind(ers) die komende Paasnaweek ten volle kan geniet en ervaar.
Begin sommer nou deur hierdie boekie af te laai en die eerste oefening daarop te volooi.