Ons is ‘n missionale gemeente wat leef met ‘n roeping dat almal wat met ons te doen kry, iets van Christus se liefde sal ervaar. Ons kry dit nie altyd reg nie, maar dis ook okay. Ons glo dat God sondaars roep om saam met Hom fees te vier. Ons is een groot familie wat leef met ‘n hart vir die wêreld en ‘n liefde vir God se groot avontuur.
So wat gebeur op Sondae?
Ons gemeente bestaan uit oud en jonk, en daarom skep ons op verskeie kreatiewe maniere ruimte vir mekaar. Wanneer grendeltyd uiteindelik tot 'n einde kom en ons weer by die kerkgebou bymekaar kan kom, sal jy op enige gegewe Sondag 'n warboel van mense by die kerk ontmoet.
- 8:15 is daar ‘n meer tradisionele erediens met orrelspel en ‘n dominee met ‘n pak en baadjie 🙂 .
- 10:00 maak ons litte los onder leiding van ‘n musiekgroep. Ons gesels oor dieselfde teks en onderwerp. Gedurende hierdie tyd is daar ‘n goed georganiseerde en energieke KINDERKERK wat leersame en aanbiddings-ervarings skep vir kinders so jonk as 3 jaar tot graad 6. Na die afloop van die diens drink ons saam koffie onder ‘n pragtige doringboom.
- 17:30 hou ons Aandkerk saam met tieners en enige persoon wat ‘n behoefte het vir ‘n gemaklike, oopkop en gesprekstyl erediens. Na die afloop daarvan verdeel die tieners in hul onderskeie groepe vir ‘n kort gesprek, terwyl die volwassenes mekaar vir koffie in die kuiersentrum ontmoet.
Nuwe Lidmate Inskrywingsvorm
Voltooi asseblief die volgende inskrywingsvorms so volledig as moontlik. Indien jy vashaak, voel vry om vir Vicky ‘n WhatsApp by 0761473039 of ‘n e-pos te stuur by info@ngkstrandnoord.co.za.