Nuut hier?

Nuut hier?

Ons is ‘n missionale gemeente wat leef met ‘n roeping dat almal wat met ons te doen kry, iets van Christus se liefde sal ervaar. Ons kry dit nie altyd reg nie, maar dis ook okay. Ons glo dat God sondaars roep om saam met Hom fees te vier. Ons is een groot familie wat leef met ‘n hart vir die wêreld en ‘n liefde vir God se groot avontuur.

So wat gebeur op Sondae?

Ons gemeente bestaan uit oud en jonk, en daarom skep ons op verskeie kreatiewe maniere ruimte vir mekaar.  Wanneer grendeltyd uiteindelik tot 'n einde kom en ons weer by die kerkgebou bymekaar kan kom, sal jy op enige gegewe Sondag 'n warboel van mense by die kerk ontmoet. 
  • Ons eredienste Sondae om 09:30 is die hartklop van ons gemeente. Dit is waar jy die vinnigste ander mense gaan leer ken en hoe jy op hoogte gaan bly van die gebeure in ons geloofsgemeenskap. Gedurende hierdie tyd is daar ‘n goed georganiseerde en energieke KINDERKERK wat leersame en aanbiddings-ervarings skep vir kinders so jonk as 3 jaar tot graad 7.
    Kom drink koffie! Na die afloop van die diens is daar iewers op ons kerkterrein koffie, meestal in die voorportaal van die kerk en in die kleinsaal. Dit is ’n lekker informele kuier en die dominee maak ook gereeld ’n draai daar – kom loer in!
  • 18:00 hou ons Aandkerk saam met tieners en enige persoon wat ‘n behoefte het vir ‘n gemaklike, oopkop en gesprekstyl erediens.

Nuwe Lidmate Inskrywingsvorm

Voltooi asseblief die volgende inskrywingsvorms so volledig as moontlik. Indien jy vashaak, voel vry om vir Vicky ‘n WhatsApp by 0761473039 of ‘n e-pos te stuur by info@ngkstrandnoord.co.za.

Vul in, indien toepaslik.

Dooplidmate

Slegs kinders wat by u woon en deel van die gemeente sal word.
=