Wat kan ons doen om dié op die voorste linie te help?
Die huidige Covid-epidemie saai verwoesting in ons gemeenskap en ons almal se lewens word daardeur ontwrig. Dit is egter ons mediese personeel wat die grootste uitdagings in hierdie epidemie in die gesig staar. Naas die uitdaging wat covid op ‘n persoonlike vlak aan almal stel, is hulle ook in hulle professionele lewens daagliks aan die trauma en risiko van die siekte blootgestel.
Hoe kan ons as geloofsgemeenskap hulle in hierdie moeilike tyd ondersteun?
Daar is tans drie maniere waarop uitgereik kan word na hierdie steunpilare van ons gemeenskap:
Eerstens het Helderberg NG Gemeente ‘n pragtige geskenkpakkie projek waar ‘n pakkie ter waarde van R150-00 opgemaak en afgelewer word. Om hierdie projek te ondersteun kan jy enige van die produkte op die lys by die kantoorkompleks aflewer (dieselfde protokol as met die koskas-insamelings sal gevolg word – lewer dus asseblief by die saal se parkeerterrein af). Kobus Richter koordineer die insameling en verspreiding. Die inligting is as volg:
Produktelys:
- Geskenkbewys van ‘n plaaslike winkel
- Bottel water
- Lekkerny (energiestafies, koekies of sjokolade)
- Voetroom of -jel
- Teksvers/gebed
- ‘n Bemoedigende boodskap of bedankingsbriefie
Datums en tye vir insamelings is as volg:
Dinsdag 19 Janurie 10:00-13:00 en 17:00-18:30
Woensdag 20 Januarie 10:00 – 13:00 en 17:00-18:30
Tweedens is daar ‘n mooi inisiatief by Vergelegen Medi-kliniek genaamd “Adopt-A-Nurse”. Dit is veral iets waarby ons verskillende sirkels betrokke kan wees. Hier is die besonderhede:
“We are looking for groups of 4-5 people to adopt a nurse for a month or 2. They do around 7shifts in 2weeks. You will provide her with support in terms of family meal when she is on shift, single meal or snack for him or her during the day, written out prayers, verses, etc.
You can start your own group or we can add you to one.”
Dr Amelia Brink is die hoof-organiseerder hiervan en groepe wat belangstel kan vir haar kontak per Whatsapp by 072 226 9689. Sy sal die skakeling tussen die personeellid en sirkel hanteer.
Derdens is daar geleentheid vir individue om fisies betrokke te raak in die hospitaal self deur te help met die verspreiding van voorrade tussen die afleweringsplekke en sale in Vergelegen hospitaal. Dit is beslis ‘n meer uitputtende taak en waarskynlik meer geskik vir jonger persone – skofte is tot ‘n maksimum van 6 ure. Om te kan deel word van hierdie spanne moet ‘n oriëntasie by die hospitaal eers deurloop word. Michelle Zietsman is die hoof-organiseerder en kan gekontak word by 021 850 6392.
(Persone met die nodige kundigheid kan ook help met berading vir personeel en pasiënte.)