Die wêreld waarin ons leef is broos en dikwels boos. As mense probeer ons tevergeefs om die broosheid en die boosheid vry te spring. Elkeen lewenspad kronkel verby die een of die ander. Sulke afdraai-oomblikke voel dikwels Godverlate. Psalm 22 skroom nie om in so ‘n oomblik te vra: “My God, my God, waarom het my verlaat?” nie. Die digter nooi ons om eerlik en opreg in God se teenwoordigeid ons pyn te protes tot by ‘n belangrike draaipunt: “Waar ons hoor dat God ons antwoord in ons pyn.”
Die uitnodiging in hierdie Psalm is nie om jou pyn te probeer weg bid nie, maar eerder saam met God op weg te wees in en deur jou pyn.
- Week van Gebed 2021
- Aanbieder: Fourie Rossouw
- Gesprek 2 van 5
- Psalm 22
Luisterteks
Psalm 22
U het my gebed verhoor
1Vir die koorleier: op die wysie van “Die wildsbok van die daeraad”. ‘n Psalm van Dawid.
2My God, my God, waarom het U my verlaat
en bly U ver as ek om hulp roep?
3My God, ek roep bedags en U antwoord nie,
ook snags, maar ek kry geen rus nie.
4U is tog die Heilige
wat woon waar die lofsange van Israel weerklink!
5Op U het ons voorvaders vertrou.
Hulle het vertrou en U het hulle gered.
6Hulle het na U om hulp geroep en hulle is bevry;
op U het hulle vertrou en hulle is nie beskaam nie.
7Maar ek is ‘n wurm, nie ‘n mens nie.
Ek word deur die mense bespot en deur die volk verag.
8Almal wat my sien, spot my,
hulle steek vir my tong uit
en knik met voldoening die kop en sê:
9“Laat dit aan die Here oor!
Laat Hý hom red, laat Hý hom bevry
as Hy dan so baie van hom hou.”
10U het my die eerste lewenslig laat sien,
my veilig laat rus aan die bors van my moeder.
11Van my geboorte af is ek onder u sorg,
van die begin van my lewe af is U my God.
12Moet tog nie so ver van my af weg bly nie,
want die nood is naby
en daar is niemand wat help nie.
13’n Wreedaardige klomp mense het my omsingel,
soos beeste uit Basan staan hulle my toe.
14Soos verskeurende, brullende leeus storm hulle met oop bekke op my af.
15Ek is soos uitgestorte water,
al my bene het uitmekaar geval,
my hart het soos was geword,
dit smelt weg in my.
16Ek is so min werd soos ‘n potskerf,
my tong kleef aan my verhemelte,
U laat lê my asof ek dood is.
17Soos honde omsingel hulle my,
die bende misdadigers sak op my toe,
hulle bind my hande en voete vas.
18Al wat been in my is, kan ek tel;
hulle kyk na my met leedvermaak.
19Hulle verdeel my klere onder mekaar
en trek lootjies oor my mantel.
20En U, Here – moet tog nie so ver bly nie,
Bron van my krag, help my tog gou!
21Red my van die swaard,
my kosbare lewe uit die mag van die honde.
22Red my uit die bek van die leeu
en tussen die horings van die wilde beeste uit.
U het my gebed verhoor!
23Ek sal tot eer van u Naam getuig in die gemeente,
U in die volle vergadering prys.
24Julle wat die Here dien, prys Hom!
Vereer Hom, nageslag van Jakob!
Betoon Hom eerbied, nageslag van Israel!
25Die nood van die hulpelose
het Hy nie verontagsaam en gering geskat nie,
Hom daarvan nie teruggetrek nie,
maar die hulpgeroep na Hom het Hy gehoor.
26My loflied in die volle vergadering kom van Hom af,
my geloftes sal ek nakom voor die mense wat Hom dien.
27By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet,
en sal dié wat na die wil van die Here vra, Hom prys.
Mag hulle lank en gelukkig lewe.
28Mense oor die hele wêreld sal die Here erken
en hulle tot Hom bekeer.
Alle volke sal Hom as koning erken,
29want die koningskap behoort aan die Here;
Hy heers oor die volke.
30Al die rykes van die wêreld sal ook aan dié maaltyd deelneem
en Hom as koning erken,
ja, alle mense, sterflik en verganklik, sal voor Hom kniel.
31Die nageslag sal Hom dien,
en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.
32Dié sal dan aan die volk wat nog gebore moet word
van hierdie verlossingsdaad getuig:
die Here het dit gedoen.
Verskaf met die komplimente van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. © Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.
Ondersteun ons en word ‘n saaier van hoop.
Boodskap
In Elie Wiesel’s Night, Eliezer is ’n Joodse tiener, van Hongarye. In die lente van 1944 beset die Nazis Hongarye en eindig Eliezer in Auschwitz saam met duisende ander Jode. Een van die verhale wat eggo Psalm 22. Drie Jode, waarvan een ’n kind was word tereggestel. Hier volg Elie se vertelling:
“One day, as we returned from work, we saw three gallows, three black ravens, erected on the Appelplatz. Roll call. The SS surrounding us, machine guns aimed at us: the usual ritual. Three prisoners in chains – and, among them, the little pipel, the sad-eyed angel.
The SS seemed more preoccupied, more worried, than usual. To hang a child in front of thousands of onlookers was not a small matter. The head of the camp read the verdict. All eyes were on the child. He was pale, almost calm, but he was biting his lips as he stood in the shadow of the gallows.”
This time, the Lagerkapo refused to act as executioner. Three SS took his place.
The three condemned prisoners together stepped onto the chairs. In unison, the nooses were placed around their necks.
“Long live liberty!” shouted the two men.
But the boy was silent.
“Where is merciful God, where is He?” someone behind me was asking.
At the signal, the three chairs were tipped over.
Total silence in the camp. On the horizon, the sun was setting.
“Caps off!” screamed the Lageralteste. His voice quivered. As for the rest of us, we were weeping.
“Cover your heads!”
Then came the march past the victims. The two men were no longer alive. Their tongues were hanging out, swollen and bluish. But the third rope was still moving: the child, too light, was still breathing…
And so he remained for more than half an hour, lingering between life and death, writhing before our eyes. And we were forced to look at him at close range. He was still alive when I passed him. His tongue was still red, his eyes not yet extinguished.
Behind me, I heard the same man asking:
“For God’s sake, where is God?”
Psalm 22 eggo hierdie diep menslike vraag: Waar is God?
Van die loopgrawe tot die konsentrasiekampe tot in die spreekkamers van dokters tot by die ongelukstonele op die hoofpaaie tot in die binnekamers van mense wat swaar dra aan een of ander vorm van pyn en lyding.
In die film A Beautiful day in the neighborhood sê Tom Hanks se karakter Mr Fred Rogers vir die siniese joernalis Lloyd Vogel, “there is no normal life that is free from pain.”
Dan vra Lloyd vir Rogers hoe werk mens deur jou pyn. Rogers antwoord toe deur te sê jy kan met klei speel, lengtes in ’n swembad swem so vinnig soos wat jy kan of die laagste note op ’n klavier speel so hard soos wat jy kan.
Dawid, die digter van Psalm 22 sal daarby voeg: Neem jou pyn so eerlik soos wat jy kan na die Here toe. Selfs al beteken dit dat jy God uitdaag en bevraagteken.
Meer as ’n derde van die Psalms is een of ander vorm van treursang wat gebore is in oomblikke van lyding en pyn.
Ons moeilikheid as moderne Christene is dat ons sukkel om met die paradoks te leef. Aan die kant het ons God leerken as “Liewe Jesus”. Ons het gesin my God is groot so sterk en so magtig, daar is niks wat my God nie kan doen. Aan die ander kant probeer ons sin maak van ’n brose en dikwels bose wêreld waar dit te dikwels voel of God afwesig is.
Psalm 22 ontbeen hierdie paradoks op ’n baie eerlike manier. Dit nooi ons om dapper in die pyn in te gaan en God daarin raak te sien.
22v22: God antwoord uit die horings van die buffels.
En dan draai die Psalm oor in lof.
As ek eerlik moet wees oor my eie verhouding met Psalm 22, dan moet ek bieg dat ek te dikwels verby Psalm 22 lees om vinniger by Psalm 23 uit te kom. Psalm 23 is wat ek vir mense lees wanneer ek hulle ontmoet hulle pyn en lyding. Selde indien ooit sal ek die openingswoorde van Psalm 22 vir iemand voorhou as ’n teks wat hom of haar deur haar pyn gaan dra. Psalm 23 sit makliker by my as Psalm 22.
En tog, kan jy nie by die groen weivelde van rus uitkom voor jy nie deur die dor en droë vlaktes gereis het nie.
Te dikwels sal ons met ons diepste pyn omgaan soos met ’n slegte tandpyn wat in die middel van die nag kop uitsteek. Jy sal in pyn uit die bed rol en blindelings tas-tas na die naaste pakkie pynpille. Wanneer die effek van daarvan ingeskop het, sal jy weer aan die slaap en selfs die volgende oggend vergeet dat jy ’n ’n tandpyn het. Tot jy jou eerste sluk koffie vat. Dit is dan wat jy besef dat vir die pyn om weg te gaan, gaan jy dieper in die pyn moet ingaan. Jy maak dus ’n afspraak by die dokter en laat hom toe om te boor en grawe tot by die wortel van die kwaad. Die pad tot anderkant die pyn, loop ongelukkig deur die pyn.
Die digter van Psalm 22 weet dit en reis tot by die donkerste deel van sy lyding: Daar waar dit voel asof God hom verlaat het.
Wiesel se verhaal van die teregstelling van die twee mans en die seun sluit hy soos volg af:
And from within me, I heard a voice answer:
“Where is He? This is where – hanging here from these gallows…”
Dit was eers toe ek geleer het dat Jesus Psalm 22 aanhaal terwyl hy sterwend aan die kruis gehang, wat die Psalm vir my nuut oopgebreek het.
Die Goeie Herder van Psalm 23 het tydens sy diepste pyn en nood troos gevind in die eerlike treursang van Psalm 22.
En die res van ons wat daarna sou kom en in ons eie oomblikke van pyn en nood uitroep: “Waar is God?” Sal hoor dat die Goeie Herder antwoord: “Hier is ek, gekruisig in jou plek.”
Amen.