- Prediker: Leon Marais
- Inleiding tot Lydenstyd
- Teks: Esegiël 37
Luisterteks
Kyk, Ek gaan in julle blaas en julle weer lewend maak! 6Ek sit vleis en spiere om julle en maak julle toe met vel. Ek sit asem in julle en julle sal lewend word. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.’”
Esegiël 37:6
’n Vallei met droë bene1Die Here het my in besit geneem, en die Gees van die Here het my weggeneem na ’n vallei vol bene. 2Hy het my tussen die ou, droë bene wat op die valleivloer lê, rondgelei. Hulle het oral op die grond gelê. 3Toe vra Hy: “Mensekind, kan hierdie bene weer lewende mense word?”“Oppermagtige Here, U alleen ken die antwoord,” het ek gesê.4Hy sê toe vir my: “Profeteer vir hierdie bene en sê: ‘Droë bene, luister na die woord van die Here! 5So sê die oppermagtige Here: Kyk, Ek gaan in julle blaas en julle weer lewend maak! 6Ek sit vleis en spiere om julle en maak julle toe met vel. Ek sit asem in julle en julle sal lewend word. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.’”7Ek het gesê soos Hy my beveel het. Skielik was daar ’n gedreun terwyl ek praat. Die bene van elke liggaam het bymekaargekom soos dit voorheen was. 8Terwyl ek gekyk het, het spiere en vleis oor die bene gevorm. Toe het vel die liggame toegemaak. Maar daar was nie lewe in hulle nie.9Toe sê Hy vir my: “Praat met die wind en sê: ‘So sê die oppermagtige Here: Wind, kom vanuit die vier windrigtings! Blaas in hierdie dooie liggame sodat hulle lewend kan word!’”10Ek het toe gesê soos ek beveel is, en die wind het in die liggame gekom en hulle het begin asemhaal. Hulle het lewend geword en op hulle voete gaan staan, ’n groot klomp mense.11Toe sê Hy vir my: “Mensekind, hierdie bene is die mense van Israel. Hulle sê: ‘Ons het ou, droë bene geword. Daar is geen hoop vir ons oor nie!’ 12Sê vir hulle die oppermagtige Here sê: My volk, Ek maak die grafte van ballingskap oop en laat julle opstaan. En Ek bring julle terug na die land Israel. 13My volk, wanneer dit gebeur en Ek julle uit julle grafte bring, dan sal julle besef dat Ek die Here is. 14Ek sit my Gees in julle, en julle sal lewe en terugkeer huis toe, na julle eie land toe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is. Julle sal sien dat Ek presies gedoen het soos Ek belowe het. Ek, die Here, het so gesê!”