Aanlynboodskap: 22 November 2020
In die brief aan die gemeente van Efese, maak Paulus ‘n groot stelling: Die krag van God wat Christus uit die dood opgewek het, is dieselfde krag wat in elke gelowige werk. Om sy punt nog beter oor te bring, gebruik Paulus ‘n byvoeglike naamwoord wat woorde soos “amazing” en “awesome” oortref in plofkrag. Vir hom is God se krag letterlik “over the top!”. In hierdie aanlynboodskap gesels Fourie Rossouw oor wat hierdie gedagte van Paulus vir die moderne kerk en elke Christen beteken.
- Teks: Efesiërs 1:15-23
- Aanbieder: Fourie Rossouw
Preekteks
Efesiërs 1:15-23
Paulus se gebed
15Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, 16hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie. Wanneer ek in my gebede aan julle dink, 17bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. 18Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, 19en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag 20wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: 21hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. 22Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.
Boodskap
Evidence of the presence of the Kingdom of God is thick wherever and whenever people stand on the promise of God that there is more to this world—more to this life—than what we see. There is more than the getting over, getting by, or getting mine. There is more than the brokenness, the destruction, and the despair that threaten to wash over us like the waters of the deep. There is a vision of a world where God cuts through the chaos, where God speaks and there is light. There is a vision where there is protection and where love is binding every relationship together.
Lisa Harper – The Very Good Gospel
Paulus het gehoor van hulle geloof (pistis) in die Here Jesus Christus en hul liefde (agape) vir al die gelowiges (heiliges).
Daaroor dank hy God in gebed onophoudelik.
Jy sou genoeg rede gehad het om hier te stop. Vertroue in God en liefde vir jou naaste – dit is immers die fondasie van ’n baie ou geloofstradisie waarvan ons ook deel is.
Maar nie Paulus nie. Hy bid vir die geloofsgemeenskap van Efese sodat ’n dieper wordende realiteit vir hulle sal oopbreek.
Paulus se gebed nooi die gelowiges van Efese om by hul geloof en liefde die volgende voeg (vra van God):
- Wysheid – vrees vir die Here.
- Intieme kennis van God.
Sodat:
Hulle kan weet:
- Watter hoop sy roeping inhou
- Rykdom van die heerlike erfenis
- Hoe geweldig groot sy krag is wat hy uitoefen in ons.
Stop vir ’n oomblik: Hoe geweldig groot sy krag is wat hy uitoefen in ons.
Die woord wat Paulus hier gebruik is “Hiperbool” – Letterlik beteken dit “Oor gooi” / “over the top”.
Prentjies wat ek sien:
As jy potjie maak en jy het teveel bestandele in en jou vuur is dalk te warm, dan sukkel jou pot se deksel om alles binne te hou.
Of as jy deeg aanmaak en jou gis is lekker sterk en aktief, dan klim jou deeg sommer uit die bak.
Of dalk sou ons sport as ’n metafoor gebruik: Dis die snelbouler wat ’n kortbal boul en dit vlieg ver bo die paaltjiewagter se kop.
Of dalk eerder die spin van die bal wanneer Nadal se voorarm witwarm is.
Hiper-Bool – Over the top!
Voeg by jou vertroue in Jesus, en jou liefde vir jou naaste hierdie diep wysheid: Die hoop van sy roeping, die rykdom van sy erfenis en krag wat hy in ons uitoefen is: Over the top.
Verrassing: Dieselfde krag wat Christus uit die dood opgewek het, werk in ons!
Paulus sluit dan af met hierdie volgende gedagte: God het nie net vir Christus uit die dood opgewek nie, maar Hom verhewe hoog bo elke mag en gesag. So dan ook vir die kerk. God se krag maak ons nie net wakker uit ons alledaagse doodsheid nie. Dit herskep ons in die kerk as sy liggaam: Die volheid van Hom wat alles in almal vervul.