God vir ander.

Die teken van Jona, Luther en Jesus

Teks: Matteus 12:39-42
Sondag 25 Oktober 2020
Aanbieder: Fourie Rossouw
Hervormingsfees / Reformasiesondag

Lees

‘n Slegte en afvallige geslag vra ‘n teken, en geen teken sal aan hulle gegee word nie, behalwe die teken van die profeet Jona. 40Soos Jona drie dae en drie nagte in die maag van ‘n groot vis was, so sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte binne-in die aarde wees. 41Die mense van Nineve sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Hulle het hulle immers op die prediking van Jona bekeer. En hier staan Een wat groter is as Jona! 42Die koningin van die Suide sal op die oordeelsdag saam met die mense van vandag opstaan en teen hulle getuig. Sy het immers van die uithoeke van die aarde af gekom om na die wysheid van Salomo te luister. En hier staan Een wat groter is as Salomo!

Matteus 12:39-42