Ontdekkingsreise – Vreemde Smake

Ontdekkingsreise – Vreemde Smake

Wat het afval in Calvinia en ou rooiwyn in Gauteng met die evangelie te make? Fourie Rossouw vertel van vreemde smake en hoe die evangelie ons oor kultuurgrense neem – ‘n Ontdekkingsreis wat lei tot lewensvreugde.

In die koninkryk van God is daar nie plek vir fiemies nie. As volgelinge van Jesus word ons uitgedaag om ons vooropgestelde idees, sterk opinies, politieke ideologieë, persoonlike smake en voorkeure opsy te sit ter wille van van die evangelie.

Luisterteks

Lukas 10

Die sending van die twee en sewentig(Vgl. Matt. 11:20-24)

1Daarna het die Here twee en sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke dorp en plek waarheen Hy van plan was om te gaan. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Maar onthou: Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.4“Moenie ‘n beurs of ‘n reissak of skoene saamdra nie, en moenie langs die pad met groetery tyd verkwis nie. 5As julle in ‘n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’ 6As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom. 7Moenie van een huis na die ander trek nie, maar bly in dieselfde huis, eet en drink wat hulle voorhande het, want die arbeider is geregtig op sy loon. 8As julle in ‘n dorp kom en hulle ontvang julle, eet dan wat hulle vir julle voorsit. 9Maak die siekes daar gesond en sê vir die mense: ‘Vir julle is die koninkryk van God baie naby!’ 10Maar as julle in ‘n dorp kom en hulle ontvang julle nie, gaan dan uit in sy strate en sê: 11‘Selfs julle dorp se stof wat aan ons voete sit, vee ons af as aanklag teen julle. Maar dit moet julle weet: die koninkryk van God is baie naby.’ 12Ek sê vir julle: Vir die mense van Sodom sal dit op dié dag draagliker wees as vir daardie dorp.13“Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! As in Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal in sak en as gesit en hulle bekeer het. 14Maar vir Tirus en Sidon sal dit in die oordeel draagliker wees as vir julle. 15En jy, Kapernaum, dink jy jý sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal!16“Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het.”

Die terugkoms van die twee en sewentig

17Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: “Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam.”