Ontdekkingsreise – Opweg na lewensvreugde
Preektema: Kultuurskok
Dit is die begin van ons jaarlikse uitreikmaand vandag. In hierdie tyd dink ons oor ons Visie en Roeping as Strandnoorders. Ons skop af met Romeine 12:9-21 waar Paulus ons help om te leef volgens ‘n nuwe kultuur – die kultuur van die Goeie Nuus van Jesus.
Aanbieder: Leon Marais
Luisterteks
Romeine 12:9-21
Riglyne vir die Christelike lewe
9 Die liefde moet opreg wees.Verafsku wat sleg isen hou vas aan wat goed is.10 Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaaren wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig,dien die Here. 12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking;volhard in gebed.13Help die medegelowigesin hulle nooden lê julle toe op gasvryheid. 14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle,moet hulle nie vervloek nie. 15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. 16 Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie,maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie. 17 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18 As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes,maar laat dit oor aan die oordeel van God.Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. 20“As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet;as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.” 21Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie,maar oorwin die kwaad deur die goeie.