Die belangrikste vraag in tye van tragedie.
In hierdie nagmaal-boodskap gesels Fourie Rossouw oor Petrus se belydenis in Matteus 16, avatars op Facebook, sy seuntjie se nagmerrie oor Goliat en hoe die tragiese vuurdood van drie gesinne gedurende ‘n wegbreek in die Kalahari ‘n tragedie op tragedies is. Die raakplek tussen al hierdie gesprekke is die belangrikste vraag wat ‘n Christen gedurende moeilike tye kan vra: “Wie is Jesus?”
Luisterteks
Matteus 16:13-20
Die belydenis van Petrus (Mark. 8:27-30; Luk. 9:18-21)
13Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: “Wie, sê die mense, is die Seun van die mens?”14Hulle antwoord: “Party sê Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete.”15“Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”
16Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”
17“Gelukkig is jy, Simon Barjona,” het Jesus vir hom gesê, “want dit is nie ‘n mens wat dit aan jou geopenbaar het nie, maar my Vader wat in die hemel is. 18En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. 19Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.”
20Toe het Jesus sy dissipels beveel om vir niemand te sê dat Hy die Christus is nie.